TRADISIONELE KOS VAN ISLAM

< Terug na alle gelowe

Biryani

'n Rysdis met speserye, groente en vleis.

Hyderabadi Haleem of Khichra

'n Vleisbredie met lensies en speserye.

Paaya

Kerrie gemaak van lamskloutjies.

Seekh sosatie (kebab)

Speserye word by maalvleis gevoeg en om 'n sosatiestokkie gevleg. Dit word gaargemaak in 'n tandoor.

Mirchi ka salan

'n Kerriegereg gemaak van soetrissies.

Korma

Kerrie wat met room of jogurt gemaak is. Dit word met rys bedien.

Rogan josh

'n Kerriedis wat van lamsvleis gemaak word. Dit is gewoonlik baie geurig.

Samosa

Deeg word gevul met maalvleis (kerrievleis of hoender). Dit kan ook met groente (aartappel, uie, ertjies en lensies) gevul word. Hierna word dit in 'n driehoek toegevou en in olie gebraai.

Sheer Khurma

'n Vermicelli (dun spaghetti) poeding met dadels.

Firni

'n Soet ryspoeding.

Qubani ka meetha

'n Poeding wat van gedroogde appelkose gemaak word.

Falooda

'n Koue drankie wat met water of melk gemaak word. Dit is soet en kan verskillende bestanddele hĂȘ. Dit kan bv. rooswater, neute, geroomde klapper, mango, sago en melk gemaak word.