JUDAÏSME: FEESTE

< Terug na alle gelowe

Sabbat

Datum

Die sewende dag in die week.

Tydsduur

Een dag

Hoekom

God het opdrag gegee dat die Jode een dag in die week moet rus.

Paasfees

Datum:

4 tot 11 April

Tydsduur

Sewe dae

Hoekom

Dit herdenk die Jode se uittog uit Egipte.

Fees van die ongesuurde brode

Datum:

5 April

Tydsduur

24 uur

Hoekom

Die fees herinner die Jode aan die haastigheid om uit Egipte te trek toe die deeg nie nog eers kon rys voordat dit gebak is nie.

Sjavuot: Fees van eerstelinge

Datum:

23 tot 25 Mei

Tydsduur

3 dae

Hoekom

Die fees herinner Israel dat hulle in Egipte slawe was.

Sukkot (Loofhuttefees)

Datum:

27 September tot 4 Oktober

Tydsduur 7 dae

Hoekom

Om dankie te sê vir die oes, maar ook as ’n herinnering aan die dae toe hulle in die woestyn in tente gewoon het.

Versoeningsfees (Joom Kippoer)

Datum:

22 en 23 September

Tydsduur:

Twee dae

Hoekom:

Versoendag wanneer jy jaarliks moet boete doen vir jou sondes.

Purimfees

Datum:

5 Maart

Tydsduur:

Een dag

Hoekom:

Om die redding van die Jode uit die hand van Haman te gedenk.

Hanukkah

Datum:

6 tot 14 Desember

Tydsduur:

Sewe dae

Hoekom:

Die dag herdenk die reiniging van die tempel na die ontheiliging daarvan deur Antiogos Epifanes in 168 AC.

Rosh Hashanah

Datum:

15 September

Tydsduur:

Een dag

Hoekom:

Dit is die Joodse nuwejaar.