Welkom by ons eLeer Portaal

Elke graad se onderwysers het vir u ‘n inligtingsbrief geskryf en ‘n rooster opgestel, wat op die graad se bladsy vertoon word. Daar sal u die week se akademiese werk vind.

Maak gerus elke Dinsdag vanaf 09:00 - 11:00, per e-pos kontak met u kind se klasonderwyser, indien u vrae het.

Ons almal bevind onsself in “vreemde waters”, ook wat hierdie vorm van leer aanbetref en ek sal persoonlik alles monitor om dit vir almal so gebruikersvriendelik as moontlik te maak. Ek doen weer ‘n beroep op almal om werk te deel met leerders waarvan u bewus is, wat dalk nie toegang tot hierdie vorm van leer het nie.

Dankie aan die personeel wat die werk voorberei het en sterkte aan elke ouer en kind wat hul beste gaan doen om die werk getrou af te handel.

Groete

L Mouton
SKOOLHOOF