Graad 1


Geagte ouers

Julle het aangedui dat jul kinders tuis gaan bly vir onderrig. Dankie dat julle dit onder ons onderwysers se aandag gebring het. Onthou om die mediese brief so sou moontlik aan ons te stuur indien u nog nie het nie. Sien asseblief die volgende BELANGRIKE punte.

  • U kan elke Vrydag OF Maandag tussen 9:00 en 13:00 u kind se werk kom afhaal vir die volgende week. Dit sal by die sekretaresse wees. Die volgende sal in u kind se stoelsak wees wat huis toe gaan: (‘n lyne spogboek, ‘n werkboekie met taakkaarte, die praktiese Wiskundeboek, Ek oefenboek, die toetsboek, 4 DBO boeke, ‘n leesboek, u kind se skryfbehoeftes en drie maskers). Trek asseblief die spogboek met plastiek oor. Wanneer ouers oor twee weke die volgende boekie kom haal, moet hul die vorige siklus se leesboeke en gekramde werkboekie terug bring skool toe.

  • Lees asseblief die beplanning deeglik deur. Daar sal ‘n beplanningsblad wees vir die dae wat u kind skool toe sou kom. Daar is ook ‘n tweede beplanningsblad wat sal aandui wat u elke tweede dag in die werkboekie moet doen. Let wel: Die beplanningsblad vir tuisbly ouers moet onder GEEN OMSTANDIGHEDE aan die ander ouers gestuur word nie. Die rede hiervoor is dat dit hulle deurmekaar sal maak. Die leerders wat skool toe kom kry slegs die beplanningsblad vir elke tweede dag en ons wil hul nie verwar nie.

  • Assessering: Ons gaan van u verwag om die kinders te bring vir assessering aangesien hul ‘n rapport moet hê aan die einde van die kwartaal. Dit sal eers in week 9 gebeur, MAAR ons skryf ‘n halfjaar basislynassessering die eerste week. Ons wil vra dat u kind asseblief Dinsdag, 7 Julie om 13:15 by u kind se klas aanmeld om te skryf. Ons behoort 14:00 klaar te wees. (Hulle sal op hul eie stoeltjie in die klas sit wat deur geen ander kind gebruik sal word nie.)

Ons hoop van harte dat u meer duidelikheid het na die brief. Ons wens julle sterkte toe vir die opvoedingstaak. Laat weet asseblief indien u enige onduidelikhede het.

Groete

Graad 1-opvoeders