Artisjokke word gekook of gaar gestoom. Hulle word 'n paar minute in die water met suurlemoensap gelaat, dan met sout en peper gegeur en in olyfolie gebraai.
Die deeg van die broodrolletjie (bagel) word eers in water gekook en dan gebak. Dit word gewoonlik geëet met salm en roomkaas.
Gevlegte brood (Challah) word op Sondae of tydens feeste geëet. Die deeg word van meel, eiers, water, suiker, sout en suurdeeg gemaak. 3 Stringe deeg word gevleg en gebak om die gevlegde brood te vorm.
Hamantashen word geëet tydens die Purimfees. (Die verhaal van Ester, in die Bybel, word gevier.) Dit is 'n driehoekige gebakte koekie. Verskillende soorte vulsels kan in die middel wees, bv. dadels, pruimedante, appelkose, ens.
Die Jode eet graag Latkes tydens Hannukah vieringe. Dit is pannekoekies wat van gerasperde aartappels gemaak word.
Sopkluitjies gemaak van 'n mengsel van matza-meel, geklitste eiers, water en 'n vet, soos olie, margarien of hoendervet. Matzah-balletjies word tradisioneel in hoendersop bedien en is 'n basisvoedsel op die Joodse Paasfeesvakansie.
Soetrissies gevul met 'n vleismengsel.
Wingerdblare met 'n rys- en vleismengsel binne-in. (Dolma)