ISLAM: KLERE EN JUWELE

< Terug na alle gelowe

'n Moslem-gesin.

Mans

Klere

‘n Moslem-man moet sy lyf van die middel tot by die knie bedek, selfs as hy swem of stort.

Die mans se kleed word 'n thawb genoem. Gewoonlik is dit wit. Dit kan ook bruin, donkerblou of swart wees. Die kraag kom in verskillende style. Sommige is rond en ander het 'n v-hals. Die mou word met knopies onder vasgemaak. Gewoonlik is dit silwer. Soms word dit versier met diamante of edelstene.

VERSKILLENDE SOORTE THAWBS

Onder die thawb dra die mans 'n kort of lang broek, wat sirwal genoem word. Die broek word met 'n lint vasgemaak.

'n Kort sirwal.

'n Lang sirwal.

'n Toutjie of lint hou die broek in plek.

'n Bisht of Mishlah is 'n mantel wat bo-oor die mans se thawb gedra word. Tydens spesiale geleenthede soos 'n troue, sal mans dit dra. Dit is verkrygbaar is verskillende kleure: swart, bruin, grys en roomkleurig. Dit word versier met goue borduurwerk.

'n Bruin mishlah.

'n Roomkleurige mishalah.

'n Swart mishlah.

Shemagh of ghutra

Die hoofbedekking van die mans word shemagh of ghutra genoem.

'n Shemagh

'n Ghutra

HOE OM 'N SHEMAGH TE VOU:

'N SHEMAGH WAT HEELTEMAL OM DIE GESIG GEVOU IS:

Die hoedjie wat onder die serp gedra word, help om dit in plek te hou. Dit word genoem kufi, taqiyah of tarboush. Die swart ring wat dit alles in plek hou word die igal genoem.

'n Kufi

Taqiyah

Tarboush

Igal

Madas

Madas is die tradisionele sandale wat deur mans gedra word. Dit word van leer gemaak in verskillende style. Mans dra ook westerse skoene.

Juwele

Mans van die Islam geloof word verbied om goue juwele te dra. Dit word beskou as 'n teken van hoogmoed en rykdom. Mans mag net silwer juwele dra.

'n Hangertjie.

'n Armband.

'n Ring.

Vroue

Klere

Vrouens moet van kop tot tone bedek wees, behalwe hande en gesig. Vrouens dra gewoonlik lang oorrokke oor langbroeke. Die klere mag nie deursigtig wees nie. Dit mag ook nie die vrou se lyf beklemtoon nie. Vrouens moet ook ‘n tradisionele kopdoek dra.

Gewoonlik dra alle vrouens 'n Abaya oor hulle klere as hulle uitgaan.

'n Abaya lyk soos 'n lang swart rok met lang moue. Gewoonlik is dit swart. Deesdae is dit meer stylvol en kom in verskillende kleure. Sommiges word borduur met silwer gare, kristalle, kant en ander mooi materiale, as versiering.

Die vrouens van die Islam geloof moet hulle koppe bedek met serpe of hulle hele lyf met 'n mantel.

Daar is vier soorte bedekkings.

  1. Die Hijab bedek die hare, ore en nek.

  2. Die Chador is 'n mantel wat die hele liggaam bedek, sowel as die hare. Daar is nie openinge vir die hande nie. Daar is ook nie knope of hakies nie. Die vrou hou dit met haar hand vas.

  3. Die Niqab is 'n sluier wat die vrou se gesig bedek. Net haar oë steek uit.

  4. Die Burka bedek die hele kop en lyf. Daar is 'n net voor die oë.

Juwele

Vrouens word toegelaat om enige juwele te dra. Hulle mag ook goud dra.

Vrouens versier ook hulle hande, voete en gesigte, veral tydens spesiale geleenthede soos troues en feeste.