'n Hoendergereg in 'n kerriesous wat nie baie sterk is nie.
'n Groentegereg met sterk kruie. Dit kan met brood soos roti, naan, chapati of rys geëet word.
'n Plat, ronde brood wat in 'n pan gerooster word.
Balletjies wat van kekerertjiemeel gemaak is. Suiker, klapper en speserye word by die meel gevoeg, in balletjies gerol en gebraai in olie.
Dit is 'n rys-pannekoek en word gemaak van rysmeel en lensies.
Dit is 'n groot ronde, dun bros platbrood. Dit word gemaak van fyngemaalde lensies en in olie gebraai. Dit word as voorgereg geniet of saam met kos geëet.
Ghughra, ook bekend as Karanji en Gujia, is 'n soet gereg met Maida-meel en gevul met Khoya en ander bestanddele. Dit word as 'n nagereg tydens Indiese feeste soos Holi en Diwali gemaak.
Dit is 'n ongesuurde broodjie wat diepgebraai word. Dit word vir ontbyt of as 'n ligte maaltyd saam met kerrie geëet.
'n Nagereg wat van kondensmelk en suiker gemaak word.
'n Drankie wat van jogurt en water gemaak word. Dit kan soet of sout wees.