Hindoeïsme is die oudste geloof in die wêreld. Dit is meer as 7000 jaar oud.
Dit is die derde grootste geloof in die wêreld.
Hindoes glo dat alle diere goed behandel moet word. Selfs koeie is heilige diere!
Ander heilige diere is: poue, muise, tiere, slange, leeus, olifante, apies, visse, skilpaaie en nog vele ander.
Dit word as geestelik beskou om aan water te raak. Hulle glo dit bring positiewe vibrasies.
As iemand doodgaan, word hy gewoonlik veras.
Hulle glo dat God manlik en vroulik is.
Varanasi is die oudste stad in Indië en word as die allerheiligste plek beskou.
Sushruta word beskou as die vader van geneeskunde. 2600 Jaar gelede het hy en sy helpers al operasies uitgevoer, soos keisersneë, verwydering van katarakte en nierstene. Die gebruik van narkose was algemeen.