HINDOEÏSME: FEESTE

< Terug na alle gelowe

Pongal

Datum

Pongal vind in die middel van Januarie plaas.

Tydsduur

4 dae lank

Hoekom

Dit is 'n oesfees van Suid-Indië. Dit herdenk die begin van die son se reis na die noorde. Op die dag van die Pongalfees, word soet rys met melk in 'n erdepot gekook. As die gereg klaar is, word dit aan die songod geoffer op 'n piesang-blaar. Party mense gaan sprinkel die Pongal-water op hulle landerye.

Vasant Panchami

Datum:

24 Januarie

Tydsduur

Een dag

Hoekom

Die fees word gevier om Vasant Panchami, die godin van wysheid en kunste, te eer. Vasant Panchami vier die aankoms van die lente.

Holi

Datum:

6 Maart

Tydsduur

Een dag

Hoekom

Holi gedenk die gebeurtenis toe duiwel Holika deur Prahlad (aanhanger van die god Vishnu) verslaan is. Dit word ook die fees van kleure genoem.

Gangaur

Datum:

Die fees vind net na die Holi fees plaas

Tydsduur

16 dae

Hoekom

Dis 'n kleurvolle fees en een van die belangrikste feeste wat die vrouens van Rajastan vier. Hulle aanbid moeder Gauri.

Rama Navami

Datum:

28 Maart

Tydsduur 9 dae

Hoekom

Tydens Rama Navami word die geboorte van Rama gevier. Dit is die dag toe Rama vir die sewende keer gereïnkarneer het tot die vorm van 'n mens. Hierdie dag word die troue van Rama en Sita ook gevier.

Hanuman Jayanti

Datum:

4 April

Tydsduur:

Een dag

Hoekom:

Hanuman Jayanti is die fees wat plaasvind wat die geboorte van Hanuman gedenk.

Onam

Datum:

28 Augustus

Tydsduur:

Een dag

Hoekom:

Die fees gedenk die tuiskoms van die legandariese heerser, Mahabali. Een van die fees se aktiwiteite is om blommetapyte te maak.