JUDAïSME

< Terug na alle gelowe

Simbool: die ster van Dawid

Die Joodse simbool is die ster van Dawid.

Wat glo die Jode?

Die Jode glo die volgende dinge:

  1. God het alle dinge geskape.

  2. Daar is slegs een God.

  3. God het geen liggaamlike vorm nie.

  4. God is ewig.

  5. Slegs God mag aanbid word.

  6. Al die woorde van die profete is waar.

  7. Moses was die belangrikste van die profete.

  8. Die Tora is dié wat op die berg Sinai aan Moses gegee is.

  9. Die Tora is onveranderlik.

  10. God ken elke daad en gedagte van die mens.

  11. God beloon die goeie en straf die bose.

  12. Die Messias, die verlosser van die volk, sal op 'n dag verskyn wat slegs aan God bekend is. Die Jode sien uit na die tyd wanneer God Sy Messias (Gesalfde) sal stuur om Sy koninkryk op die aarde te vestig. (Die Christene glo dat hierdie Messias reeds gekom het in die persoon van Jesus Christus.)

  13. Daar sal 'n opstanding van die dode wees.

Wat word hul geestelike leier genoem?

'n Joodse geestelike leier word 'n Rabbi genoem.

Wat word hul plek van aanbidding genoem?

Jode aanbid in 'n sinagoge.

Wat word hul heilige boek genoem?

Die volledige Tanakh soos wat dit in die sinagoge uitgesprei en gelees word.

Soos Christene die Bybel het, het die Jode die Tanakh. Die Tora, of "die Wet" is die eerste vyf boeke van die Hebreeuse Bybel. ’n Godsdienstige Jood sal daarna streef om die Tora te gehoorsaam. Die lees van die Tora is ’n belangrike deel van die seremonie in die sinagoge.

'n Geskrif uit die Middeleeue, gemaak van skaapvel. Só word die Tora ook steeds oopgerol en toegerol wanneer dit in die sinagoges gelees word.

Op Maandae en Donderdag-oggende word spesiale, handgeskrewe perkamentrolle met die Tanakh (Joodse Bybel) in sinagoges voorgelees. Skrifgedeeltes uit die res van die Tora (eerste 5 boeke van die Tanakh) word elke ander oggend voorgelees. Spesiale langer voorlesings word ook op sabbatte en op Joodse feesdae gedoen. Enige manlike lid van die gemeente kan die voorlesing behartig, en op dié wyse word daar probeer om die hele Tora elke jaar in die sinagoge voor die gemeente deur te lees.

Die Tora word in 'n mooi omhulsel gebêre.

Items wat gebruik word as Jode in die sinagoge aanbid.

Jode wat in die sinagoge sing.

Joodse vroue doen 'n geestelike dans tydens 'n kerkdiens.

Die sjofar word geblaas.