Die oorspronklike Arabiese geskrifte (Koran) is nog nooit verander nie.
Oorspronklike Korans van die sewende eeu (heeltemal ongeskonde) word in museums in Turkye en ander plekke in die wêreld ten toongestel.
Al sou al die Korans verbrand word, sal die oorspronklike Arabiese taal nog behoue bly. Milljoene Moslems ken die Koran uit hulle koppe uit. Hulle memoriseer dit, woord vir woord. Sekere hoofstukke word ook daagliks in hulle gebede aangehaal.
Om een vers van die Koran tydens Ramadan te lees is gelykstaande aan om ‘n hele hoofstuk te lees in ander maande van die jaar.
Nie alle Moslems is Arabiere nie. Islam is ‘n universele geloof.
Indonesië het die grootste getal Moslems, oor die 120 miljoen.
Islam is een van die godsdienste wat die vinnigste groei.
Daar is al oor die 1.5 biljoen Moslems in die wêreld.
Die woord Moslem verwys na enige iemand of iets wat hom aan die wil van God onderwerp.
Islam is ‘n Arabiese woord wat “onderdanig” en “gehoorsaam” beteken.
Islam is ‘n lewenswyse. Dit beheers alle fasette van ‘n persoon se lewe; moreel, geestelik, sodiaal, polities, ekonomies, intelektueel, ens.
Islam is op pilaregebaseer: geloof, aanbidding, vas, aalmoese en ‘n pelgrimstog.
Moslems bid 5 spesifieketye op ‘n dag. Dit word “salat” genoem.
Moslems bid nie deur of tot Mohammed nie. Hulle aanbid Allah (God).
Moslems aanvaar die onveranderde Torah (die evangelie van Moses) en die oorspronklike Bybel (die evangelie van Jesus),omdat dit deur God openbaar is. Maar, nie een van die oorspronklike geskrifte bestaan vandag meer nie, daarom volg die Moslems net die Koran.
Die woord "jihad" beteken nie "heilige oorlog"nie. Dit verwys na ‘n innerlike stryd om jouself aan die wil van God te onderwerp.