ISLAM

< Terug na alle gelowe

Simbool: Die ster en maan

Die maan en ster is die simbool wat dikwels op vlae of geboue in Moslem lande gebruik word. Die simbool word gebruik om aan te dui hoe die Moslemgeloof mense se lewens kan rig en lei. Dit is die mees bekendste simbool van Islam.

Wat beteken die woord "Islam"?

Islam is 'n Arabiese woord wat "oorgawe, onderwerping, toewyding en vrede" beteken. Dus kan Islam gedefinieer word as 'n weg om volkome vrede te verkry deur vrywillige onderwerping aan die goddelike wil.

Wanneer het die geloof ontstaan?

Die geloof het in ongeveer 610 n.C. in Mekka begin.

Wat glo die Moslems?

Moslems glo dat daar net een God is "Allah" en dat hy almagtig is en alles beheer en die mens sal oordeel in die Laaste Oordeel en dan of hemel of hel toe stuur. Mohammed was die laaste van die Moslem profete. Hy is in die stad Makkah gebore in die jaar 570 voor Christus. Mohammed het begin glo dat hy boodskappe van God kry wat hy met die mense moes deel.

Die profeet Mohammed

Wat word hul geestelike leier genoem?

Die geestelike leier word 'n imam genoem. Elke dag moet die Moslem op 5 vasgestelde tye bid. Dit word "salat" genoem. Hulle bid in die rigting van Mekka. Die geloofsleier word 'n "imam" genoem. Mans en vrouens bid afsonderlik.

Wat word hul plek van aanbidding genoem?

Moskees is geboue waar Moslems bymekaar kom om Allah te aanbid en van hulle geloof te leer.Sulke geboue het dikwels ‘n koepelvormige dak en ‘n hoë toring (minaret). ‘n Persoon (muezzin) staan in die toring en roep almal om te kom bid.

Wat word hul heilige boek genoem?

Die Koran is die Moslems se heilige boek. Dit is die woorde wat Allah (God) vir Muhammed gegee het. Moslems glo dat dit die belangrikste boek op aarde is. Dit word nie vertaal nie, mense moet dit in Arabies leer lees.

Daar is sekere gebruike aangaande die Koran. Voor iemand aan die boek mag vat, moet hy ‘n rituele wasproses deurgaan. (Die gesig, 2 hande tot by die elmboë, die kop en 2 bene tot by die enkels.)

Moslems moet met aandag luister as die Koran gelees word.

‘n Spesiale staander word gebruik om die boek op te plaas sodat dit nie aan die vloer raak nie.

Die boek moet met ‘n lap bedek word om dit skoon te hou en te beskerm.

Dit word op ‘n hoë rak gebêre, met niks bo dit nie.

Soms sal die een wat dit lees die boek aanraak met sy voorkop en die omslag soen.