Graad R


Liewe Ouers

Die jaar is volstoom aan die gang. Ons besef die leerders kom slegs elke tweede dag skool toe. Daarom is ons beplanning só gedoen dat ons op datum sal wees met die kwartaal se werk wanneer die skool op 23 April sluit. Ons wil u verseker dat ons hard werk by die skool, sodat die leerders nie tuis sukkel wanneer hul vaslegging doen nie.

Ons wil net graag die volgende sake onder u aandag bring:

Luister en Leer Tuisprogram (groenboek)

Elke leeder het verlede week hul groenboeke ontvang saam met ‘n bekendstellingsbrief. Lees dit asb. noukeurig deur en trek die boek met plastiek oor. Een skoolsiklus strek oor 2 weke. In die eerste week ontvang u die “tuiswerk” via die e-portaal. Eers in die 2de week op ‘n Donderdag en ‘n Vrydag moet die boeke teruggestuur word vir nasien.

Briewesakke

Leerders ontvang hul briewesakke onderskeidelik op Woensdae en Donderdae. Die volgende dag wat die leerder weer by die skool is moet die briewesak terug wees.

Maskers

Alhoewel Graad R leerders, volgens die gazette, nie verplig is om ‘n lapmasker te dra nie, is Mikro se beleid dat elke leerder, Graad R ingesluit, ‘n lapmasker moet dra. Pak asb. ‘n ekstra masker in, vir die dae wat dit so warm is en dit nat gesweet word. Oefen asb. tuis om die masker bo-oor die neusie te hou vir ‘n halfuur op ‘n slag. Geen masker, geen toegang.

Afwesigheid

Ons moet baie streng werk met afwesigheid in hierdie tydperk. Daarom die volgende versoek: Indien u kind (as dit natuurlik sy/haar dag is om skool toe te kom) afwesig is, moet u asb. dadelik die opvoeder in kennis stel oor die rede vir u kind se afwesigheid op daardie spesifieke dag. ‘n Mediese sertifikaat sal verlang word, indien u leerder vir ‘n geruime tyd afwesig is. Leerders met kommorbiditeite sal afwesig gemerk word, indien u nie met die klasopvoeder in kontak tree in die verband nie of uitstaande WKOD vorms wat aandui dat die leerder ‘n hoë risiko is.

ONTHOU OM ELKE DAG DIE LEERDER SE SIFTINGSVRAELYS VOLLEDIG TE VOLTOOI VOORDAT HY/SY SKOOL TOE KOM!

Vriendelike groete

Graad R-Opvoeders

Onthou

Gebruik Acrobat Reader om die PDF-leêrs te lees.

Ons gebruik YouTube vir die video's, maak asseblief seker dat u toegang tot YouTube het om die video's te kyk.

Kwartaal 2

Kwartaal 3

Kwartaal 4