Graad 7


Geagte ouers

Welkom by ons eLeer-portaal

Dit is vanjaar die tweede jaar waar ons vir u en u kind die geleentheid gee om van hierdie unieke manier van onderrig gebruik te maak. Die eLeer-portaal bied uitgebreide inligting om die onderrig in die klaskamer te ondersteun. Vanjaar het onderwysers die keuse of en hoe hulle die eLeer-portaal wil gebruik. Dit kan dien as vaslegging vir werk wat in die klaskamer behandel is, maar kan ook as verryking dien. Maak asb. met vrymoedigheid daarvan gebruik indien ‘n onderwyser dit aan u beskikbaar stel.

Elke graad se onderwysers, wat hiervan gebruik gaan maak, het vir u ‘n inligtingsbrief op die portaal geplaas en ‘n rooster opgestel, wat op die graad se bladsy vertoon word. Daar sal u die week se akademiese werk vind.

Deel asb. hierdie inligting met leerders waarvan u bewus is, wat dalk nie toegang tot hierdie vorm van leer het nie. Dankie aan die personeel wat die werk getrou voorberei. Ons glo ons leerders sal dit baie waardevol vind.

Mooi loop!

L Mouton

SKOOLHOOF