Graad 4


Liewe Graad 4 - ouer(s)

Ons hoop dit gaan nog baie goed met almal en dat julle behoorlik uitgerus is en die tyd saam met julle families geniet. Aangesien die inperkingstyd verleng is, stuur ons van vandag af vir julle ‘n rooster met Kwartaal 2 se werk, wat julle daagliks met jul kinders moet behandel.Ons fokus hoofsaaklik op Wiskunde, Afrikaans en Engels, maar gee ook elke dag lees-en opsommingswerk vir ‘n spesifieke leervak (sien rooster).

Ons wil graag die leerders bekend maak met die nuwe inhoud van elke vak. Die werk sal weekliks (elke Maandagoggend voor 09:00) beskikbaar wees en u kan Dinsdae, tussen 09:00 en 11:00 ‘n e-pos aan u klasonderwyser stuur indien u vrae oor die week se werk het.

Let wel:

  • Die werk tydens die inperkingstyd word nie in die leerders se Mikro werkboeke gedoen nie.

  • Doen alle werk in ‘n dun lyntjies werkboek. U kan ‘n werkboek vir elke vak aanskaf of een werkboek in verskillende afdelings verdeel. U is ook welkom om die Wiskunde werk in hulle Wiskunde Huiswerkboek te doen.

  • Alle fotos van handboekbladsye, video-verduidelikings, PowerPoint-skyfievertonings en YouTube-skakels sal vir julle aangestuur word. Hierdie versoek sal ook aan al die ander grade gerig word. Al die leerders vanaf gr. R tot 6 sal hul maskers met hul terugkeer skool toe, ontvang.

Ek wens vir almal ‘n voorspoedige week toe. Hierdie is ‘n uitdagende tyd waarin ons almal hande moet vat, saam moet staan en probeer om positief te bly. Sterkte met die week en pas julself mooi op!

Vriendelike groete

Graad 4 -opvoeders

Onthou

Gebruik Acrobat Reader om die PDF-leêrs te lees.

Ons gebruik YouTube vir die video's, maak asseblief seker dat u toegang tot YouTube het om die video's te kyk.